Voetspore

footprints new

Voetspore van Puik Diens

As ons terugkyk na 13 geseënde jare, is ons harte gevul met dankbaarheid. Dankbaar is ons vir ieder en elk wie se besigheid ons kon dien. Baie dankie aan al die wonderlike mense wat ons op ons pad ontmoet het. Ons kliënte inspireer ons om ons beste te doen. Saam het ons diép spore in die sand getrap in die geskiedenis van Bok Radio en BOKTV en so ook in die gemeenskap. BAIE DANKIE van Oppilug aan elke een van julle  vir julle ondersteuning.

van toeka tot nou

Die Goue Jare...

Diep spore is getrap in die sand van gister. Daardie spore sal vir ewig by ons bly en ons herinner aan die lag, die huil en die veranderinge wat ons beleef het in ons tyd.

Een ding is gewis, dat niks dieselfde bly nie. Vader Tyd leer ons dat niemand die weg van môre kan bepaal nie.

Maar met passie en toewyding vir ons kliënte bou ons voort op fondamente van diensbaarheid.